Taalpraktyk

Beskikbaar op die Mahikeng-, Potchefstroom- en Vanderbijlparkkampus


In die meertalige en multikulturele Suid-Afrika is gespesialiseerde vaardighede vir vertaling, teksredigering, tolking, en oudiovisuele vertaling (die skryf van onderskrifte en oudiobeskrywing vir blindes) van onskatbare waarde. Die vraag neem toe vir gekwalifiseerde taalpraktisyns wat ’n bydrae tot die ontwikkeling van ons meertalige samelewing kan lewer, en wat sleutelrolspelers in die fasilitering van toegang tot inligting kan wees.

Die vakgroep Taalpraktyk voldoen aan hierdie behoefte deur toegewyde voorgraadse en nagraadse kwalifikasies in Taalpraktyk aan te bied. Ons rus ons gegradueerdes deur middel van hierdie kwalifikasies met die vaardighede en gespesialiseerde kennis toe wat vereis word om die uiteenlopende verskeidenheid professionele taalpraktykrolle in ons ontwikkelende meertalige samelewing te vul.

[Accordion Collapsed]

Waarom in Taalpraktyk studeer?​

’n Aantal openbare en privaat instellings in Suid-Afrika gebruik die dienste van taalpraktisyns (óf op ’n vryskut- óf op ’n interne basis), insluitende die Parlement, provinsiale regerings, universiteite, banke, versekeringsmaatskappye, uitgewers en die media. Gekwalifiseerde taalpraktisyns is dus op alle vlakke van die samelewing en regoor ’n breë verskeidenheid sektore nodig om gespesialiseerde taal- en kommunikasiedienste te lewer.

By die NWU lewer ons gegradueerdes wat in die grondbeginsels van die teorie en praktyk van ’n verskeidenheid loopbaangeoriënteerde taalvaardighede opgelei word. Opleiding in die gebruik van tegnologiese hulpbronne vir taalpraktyk, soos rekenaarondersteunde vertaalinstrumente, vorm ’n integrale deel van die vaardigheidsontwikkelingproses.

Ons gegradueerdes het al loopbane gevolg in:

  • Vertaling
  • Tolking
  • Skryf van onderskrifte
  • Oudiobeskrywing
  • Teksredigering
  • Proefleeswerk
  • Teksredigering
  • Taal- en terminologie-ontwikkeling
  • Kopieskrywing
  • Taalopleiding en -opvoeding
  • Joernalistiek

Kursusinligting​

Taalpraktyk-modules word op al drie ons kampusse as deel van die driejaarkwalifikasie vir ’n BA in Taal- en Literêre Studie aangebied. Ons voorgraadse kwalifikasies fokus op ’n verskeidenheid professionele taalaktiwiteite, en Taalpraktyk word as hoofvak naas ’n aantal van ons ander spesialisasies geneem, insluitende:

  • Tale (Engels, Afrikaans, Suid-Sotho, Tswana, Frans, Duits, Suid-Afrikaanse Gebaretaal)
  • Kreatiewe Skryfwerk
  • Kommunikasiestudies
  • Sielkunde
  • Geskiedenis
  • Sosiologie

Die kombinasie van Taalpraktyk met hierdie spesialisasies berei ons gegradueerdes voor vir ’n verskeidenheid loopbaangeleenthede en gee aan hulle die voorsprong in ’n toenemende mededingende wêreldwye omgewing.

Op nagraadse vlak ontwikkel ons gespesialiseerde navorsingvaardighede en bied opleiding in die gebruik van gevorderde produk- en prosesgeoriënteerde navorsingsmetodes in Taalpraktyk (soos korpusontleding, oognaspeuring en sleuteldrukaantekening). Ons nagraadse kwalifikasies sluit ’n BA Honneurs, ’n MA en ’n PhD in Taalpraktyk in.

Ons Taalpraktyk-kwalifikasies is uniek aan die NWU en geen ander universiteit bied dieselfde kwalifikasies wat voorgraadse en nagraadse programme insluit nie.

Moontlike beroepsgeleenthede​

  • Taalpraktisyns kan op ’n vryskutbasis werk of deur ’n onderneming in diens geneem word.
  • Vertalers en teksversorgers kan vir taalpraktykagentskappe of openbare en privaatsektorfirmas werk soos die taalafdelings van verskeie maatskappye, hoër onderwysinstellings, die pers (regstreekse uitsendings en gedrukte media), uitgewers, die nasionale taalrade en provinsiale en nasionale wetgewers.
  • Tolke kan by staatsinstellings soos howe en by wetgewers en gemeenskapsprojekte op nasionale, provinsiale en plaaslike vlak werk.
  • Oudiovisuele vertalers (wat onderskrifte en oudiobeskrywings vir reklame en opvoedkundige televisieprogramme en films skep) werk in vermaaklikheidsmedia-, korporatiewe kommunikasie- en opvoedkundige kontekste, en ook in kontekste waar oudiovisuele vertaling mense toegang gee tot inligting in byvoorbeeld museums, die toerismebedryf en lewendige opvoerings.

Taalpraktykgraduandi het loopbane gevolg in:

  • Vertaling
  • Tolking
  • Die skryf van onderskrifte
  • Oudiobeskrywing
  • Teksversorging
  • Proefleeswerk
  • Tekshersiening
  • Taal- en terminologie-ontwikkeling
  • Kopieskryfwerk
  • Taalopleiding en -onderrig
  • Joernalistiek

Interessante skakels

 
[/accordion]