Skryfkuns

Beskikbaar op die Potchefstroomkampus

Wat is Skryfkuns?

Skryfkuns behels die skryf van kreatiewe tekste soos kortverhale, gedigte, kinderstories en dramatekste. Dit is ’n volledige graadvak en word hoofsaaklik gekies deur studente wie se hoofvak ’n taal is. Geen spesifieke toelatingsvereistes word vir inskrywing op eerstejaarsvlak vereis nie. Toelating tot die tweede- en derdejaarsvlak van die studie is egter onderhewig aan ’n keuringsproses. Kreatiewe Skryfwerk kan gewoonlik met enige ander taalvak gekombineer word. Die kursus dek die teorie van kreatiewe skryfwerk sowel as praktiese kreatiewe skryfwerk. Ongeveer die helfte van die assesseringspunte word vir studente se eie oorspronklike skryfskeppings toegeken.  Skryfkuns word in Afrikaans en Engels aangebied, so vlotheid in een van die twee tale is ’n vereiste. Alle studiemateriaal word in beide tale beksikbaar gemaak, en tolkdienste is beskikbaar indien nodig. Studente kan ook sekere kreatiewe opdragte in die Afrikataal van hul keuse indien, solank daar gepaste nasieners beskikbaar is.

Waarom Kreatiewe Skryfwerk studeer?​

  • Kreatiewe Skryfwerk brei jou taal- en skryfvaardighede uit en verfyn dit.
  • Die vaardighede wat jy aanleer terwyl jy Kreatiewe Skryfwerk bestudeer, kan ’n bydrae lewer tot jou indiensneembaarheid op ’n wye reeks gebiede, insluitende die uitgewersbedryf, onderwys, joernalistiek, kreatiewe bedrywe, openbare betrekkinge en bemarking, inhoudskepping en sosiale media.
  • Kreatiewe Skryfwerk stel jou in staat om jou gedagtes asook jou emosies te orden​.
  • Kreatiewe Skryfwerk kan tot publikasiegeleenthede lei en ’n beroep as profoessionale skrywer.

Kursusinligting​

Hierdie vak bied wye toepassings vir gebruikers, aangesien ons op die ontwikkeling van kreatiwiteit en skryfvaardighede in verskillende genres fokus.  Ons is ook by interdissiplinêre kreatiewe projekte en navorsing.Met ons jongste projek, Byderhand, eksperimenteer ons met digitale hulpmiddels om digitale letterkundige werk en plek-spesifieke digitale letterkunde te skep.

Moontlike beroepsgeleenthede​

  • Kreatiewe skryfwerk
  • Vryskutskryfwerk
  • Joernalistiek
  • Uitgewersbedryf
  • Draaiboekskrywer
  • Uitsaaiwese
  • Digitale storievertelling
  • Biblioteek- en inligtingswerk
  • Taalpraktisynswerk
  • Akademie & navorsing
  • Kopieskryfwerk
  • Redigeerwerk
  • Advertensiewese
  • Onderwys (in kombinasie met ander taalvakke en ’n nagraadse onderwyssertifikaat/-diploma)

Interessante skakels​